FAK-GENEALOGIEFEES DIGITAAL 2021

FAK Facebook

Die FAK-Genealogielessenaar nooi jou nou hartlik uit om Saterdag, 10 April om 12:00 by die FAK Facebook in te skakel vir die afskop van die tweede digitale FAK-Genealogiefees!


Saterdag 10 April sal die eerste van vyf uitsendings wees, waarin kenners met Isabel oor hul genealogiese navorsing gesels.

Saterdag 10 April om 12:00 - Otto Diedericks met tema : Genealogiese navorsing: aanwending van die rekenaar en rekenaarprogramme.

Saterdag 17 April om 12:00 – Annemarie Dreyer met tema: Die Dreyer-Familie  - nie ‘n eenvoudige storie nie.

    

Saterdae 24 April & 1 Mei om 12:00: S.B. (Fanie) Buys tema: Die BUYS/BUIJS-familie: nageslag van Barend Buys Fanie deel ook graag sy praktiese navorsingservaring.

Saterdag 8 Mei om 12:00: Derek Bissett met tema: Die Andrew Murray Familiebond projekte en toekomsplanne mbt 200-jarige fees na aankoms van ds. Andrew Murray te Graaff-Reinet gedurende Julie 2022.