top of page

Aims of the Expo / Doelstellings van die Genealogie- & Familie-Erfenisfees

From the the very start the aims were / Die doelstellings met die fees was, van dag een af, tweeledig:
 

  • To promote genealogy as a science and heritage to members of the public in a festive atmosphere & to provide
    a network opportunity for genealogical researchers, genealogical-, heritage, cultural societies, as well as family associations, arhives/museums and Africana book shops.

     

  • Om genealogie as wetenskap en erfenis aan die wyer publiek in ‘n feesatmosfeer bekend te stel, asook om 'n netwerkgeleentheid vir navorsers, familiebonde, genealogie-, erfenis-, kultuurverenigings,  bewaringinstansies en Africana boekwinkels te skep. 

Expo/Fees Info

Geskiedenis van die
Genealogie- & Familie-Erfenisfees (2008-2023)

​

  • Isabel organiseer die eerste van 15 feeste in Mei 2008 ter viering van haar 20 jaar betrokkenheid by genealogiese navorsing.

  • Verskeie navorsers, familiebonde en verenigings is genooi om inligting, raad en leiding mbt genealogiese metodiek en bronne, asook bewaarplekke in 'n feestelike atmosfeer met die pubiek te deel.

  • By die eerste fees was 20 uitstallers teenwoordig, Dié fees is op die terrein van die Voortrekkermonument (VTM) aangebied. Die VTM het die Voortrekkersaal gratis beskikbaar gestel en hulle het die hekgelde ontvang.

  • Die eerste fees is met groot entoesiasme ontvang (sien uitstallers en belangstellendes se kommentaar). 
    Op aanvraag het dit ‘n jaarlikse feesgeleentheid geword.

  • In 2010 skuif die fees na 'n meer sentrale terrein te Lynnwoodrif en sedert 2010 vind dit gedurende September (Erfenismaand) plaas.

  • Sodoende word ‘n netwerkgeleentheid vir belangstellendes geskep en die nasionale doelstelling van die Erfenismaand ondersteun.

  • Kort inligtingsessies word ook op aanvraag aangebied en is baie gewild. Die Genealogiese Genootskap van SA (GGSA): Noord-Transvaaltak is sedert 2017 gasheer van die hoofspreker tydens die feesdag. 

  • Die laaste fees in dié formaat is in September 2018 gehou.

  • Die FAK sluit in Januarie 2020 'n vennootskap met Isabel as nuutaangestelde konsultant en hoof van 'n FAK-Genealogielessenaar, met een van die projekte 'n jaarlikse genealogiefees.

  • Die 12e fees word DV vir 10 Oktober 2020 beplan en wel weer op die Voortrekkermonumentterrein waar die FAK Hoofkantoor ook gevestig is.

  • Weens COVID 19 is ons gedwing om fisiese fees uit te stel.

  • Op 10.10.2020 is 'n spesiale digitale uitsending op FAK Facebook vrygestel ter viering van ons erfenis met gerekende spreker, prof Jaco Greeff, UP met tema 'Die Kruger-familie uit 'n ander hoek: genetiese insigte'. Steeds op FAK Facebook videos te sien.

  • In Mei en Junie 2021 is vyf videos op Facebook uitgesaai as die 2021 Digitale fees.

  • Op 9.04.2022 het die eerste fisiese FAK-fees, maar die 14e fees te Krugergalery op Voortrekkermonumentterrein plaasgevind.

  • Die vyftiende fees word vir Maandag 25.09.2023 beplan en wel as die FAK Familie- & Erfenisfees te Voortrekkersaal, Voortrekkermonument. Die Voortrekkermonument Erfenisfees, asook Antiekmark sal ook besoekers lok.

  • Isabel besoek steeds, op uitnodiging, instansies bv. klubs, aftreeoorde, jeuggroepe, met 'n uitstalling en praatjie oor die wetenskap van genealogie, waaroor sy baie passievol is.

Wil jy ook uitstal of bywoon? click here/kliek hier.

Map of Expo Location / Vind jou weg

bottom of page