top of page

Mediaverklaring deur FAK 

Genealogie- en Familiefees Potgooi RSG driesestig Isabel in gesprek met Martelize Brink
00:00 / 06:46

Isabel Groesbeek deel van FAK-kultuurtuistefamilie sedert 2020 

 

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het besluit om in 2020 ’n nuwe genealogiese navorsingslessenaar te Pretoria in die eerste plek vir hul lede, maar ook vir die wyer publiek, te vestig.

 

Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sien die FAK genealogie as ’n belangrike sleutel om die historiese geheueverlies onder kinders aan te spreek. Deur genealogie weet elkeen in die gesin waar hy vandaan kom en dit gee baie raakpunte om ook met kinders te gesels oor die konteks waarin hulle ouers of grootouers geleef het.

 

“Afrikaners is een van die min volke ter wêreld wat ’n volledige genealogie het en rekords strek terug tot die 17e eeu. Die FAK het ervaar daar is onder gesinne en families ’n nuwe belangstelling in wie ons is en waar ons vandaan kom. Udolpho, die FAK se kultuurplaas naby Parys, is vir familiesaamtrekke veral gewild. Daar is ’n toename in besprekings van families wat duidelik dui op ’n groot behoefte,” aldus Langner.

 

Die bekende genealoog Isabel Groesbeek, wat familielyne sedert 1988 professioneel naspoor, is deel van die FAK-familie en die FAK vorm 'n vennootskap met Isabel om die GENEALOGIE- & FAMILIEFEES te organiseer.

Die FAK-Genealogielessenaar was sedert April 2021 tot helfte Januarie 2022 in die Erfenisstigting Navorsingsbiblioteek op die Voortrekkermonument-terrein. Isabel werk egter vanaf Januarie 2022 vanaf haar tuiskantoor. Sy ontmoet steeds graag FAK-vriende per afspraak by die biblioteek of elders na behoefte (vir bv. groepbesoeke).

Ure per afspraak: Maandae tot Vrydae van 13:00 - 16:00


Nuus in 2024

 

Die FAK Familie- & Erfenisfees (voorheen Genealogie- & Erfenisfees)

vind in Pretoria op  Dinsdag 24 September 2024 te Voortrekkersaal, Voortrekkermonument plaas en
vind in Kaapstad op Saterdag 19 Oktober 2024 te SA Sentrum vir Nederland & Vlaandere, Pinelands plaas


Gebruik kontakvorm op expo-webblad vir navrae of besoek www.genealogielessenaar.com
vir navrae/kontak.

KKB-220404-genealogiefees - Gesprek op PRETORIA FM
00:00 / 10:00
bottom of page